Vandale (volk)

Die Vandale was 'n nomadiese Oos-Germaanse volk wat aanvanklik aan die Oossee gevestig was, verjaag deur ander volke, soos die Hunne, trek hulle suid- en weswaarts deur Gallië (huidige Frankryk) tot in Spanje waar hulle waarskynlik hulle naam aan die huidige Andalusië, vroeër bekend as Vandalusië, gegee het. Hulle stig uiteindelik 'n ryk in Noord-Afrika met Kartago in die huidige Tunisië as middelpunt. In 535 is hulle deur die Oos-Romeinse troepe vernietig.

Die Goot Theodoric die Grote, koning van die Oos-Gote en regent van die Wes-Gote, was deur huweliksband met die Vandale, sowel as met die Boergondiërs en die Franke onder Clovis I geallieerd.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search